Peru: Sewe sterf toe helikopter neerstort, ontplof

08/01/2013 09:11

 

Lima – Minstens sewe mense is dood toe 'n helikopter wat deur 'n mynmaatskappy gehuur is, Maandag op 'n kommersiële gebou in 'n dorpie in die noorde van Peru neergestort het, het 'n amptenaar gesê.

Vyf Amerikaners was onder die slagoffers.

Die ongeluk het om 02:57 in die dorpie San Juan, in die noordelike woudagtige streek van Ucayali, plaasgevind.

Die polisie en spesialiste ondersoek die oorsaak van die ongeluk, het Marcos Ochoa, 'n plaaslike aanklaer, aan Peru se RPP-radiostasie gesê.

"Daar is sewe slagoffers, insluitend vyf Amerikaners en twee Peruviane," het Ochoa gesê.

Inwoners van die dorpie het glo gesien hoe die helikopter ontplof en in twee skeur toe dit die grond tref.

– Volg Nuus24 op Twitter.

- SAPA

https://afrikaans.news24.com/Wereld/Nuus/Peru-Sewe-sterf-toe-helikopter-neerstort-ontplof-20130108

Share |